Fondsinsamelings

Gr2 Koekverkoping

Die Gr2 leerders verkoop elke Vrydag koek by die skool. Ondersteun hierdie inisiatief gerus!

Hout, Brikette en Vuuraanstekers

Elke week beskikbaar: Bestel Hout, Brikette en Vuuraanstekers by Laerskool Warmbad se kantoor. Bestelles kan Vrydae na skool opgelaai word.

Ons eie "Pont des Arts"

Vir net R50 kan alle Warries (oud/jonk) 'n nommer koop by die kantoor. Hierdie nommer kan jy dan op 'n slot laat grafeer met jou naam daarby en dit aan die Warrie Heining hang. Maak só seker dat jou naam onthou word vir geslagte wat volg!

LSW Resepteboek

Het jy 'n wenresep om te deel met ander Warrie kokkedore? Teen R10 per resep kan jy by LSW se kantoor jou spasie bespreek vir ons eie resepteboek wat binnekort gepubliseer gaan word.