Dagboek van Warrie Jannie

seperator1
jannie-atletiek

Tennis

14 September 2017

Baie geluk aan ons A-span tennis seuns wat teen L/S Marble Hall gewen het! Ons is baie trots op julle!

seperator1
jannie-kultuur

Revue

3 September 2017

Daar sal nie more (4 September) senior revue-oefening wees nie as gevolg van graadvergaderings.

seperator1
jannie-kultuur

Koor

13 Augustus 2017

Die seniorkoor oefen nie op Maandag, 14 Augustus nie, maar wel op Woensdag, 16 Augustus om 14:00-15:00 in die skoolsaal. Die juniorkoor oefen wel op albei dae ( Maandag en Woensdag) vanaf 12:45-13:30 by die koshuis.

seperator1
jannie-kultuur

Buitelug Kultuuraand

13 Augustus 2017

Almal wat belangstel om items te lewer op 20 September by die Buitelug Kultuuraand moet vanaf Maandag - Donderdag hulle name by Juf Marga opgee. Die sluitingsdatum is Donderdag 17/08/2017. Oudisies vind plaas op Maandag (21/08/2017) en Woensdag (23/08/2017) gedurende aktieiteitsperiode. Bring jou eie klankbaan of begeleiding saam. 

seperator1
jannie-kultuur

RMS Revue

4 Augustus 2017

Baie sterke aan ons leerders wat vandag aan RMS Revue deelneem. Ons is baie trots op julle!

seperator1
jannie-kultuur

RMS Koor

9 Junie 2017

Baie sterkte aan ons leerders wat more aan die RMS koorkompetisie (tuis) deelneem. Ons glo dit sal baie goed gaan!

seperator1
jannie-kultuur

Revue

2 Junie 2017

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat beide ons junior en senior revuegroepe gekeur is om in September aan die Tshwane Youth Art Festival in die Staatsteater te gaan optree! Ons kan nie wag om vir julle te gaan kyk nie!

seperator1
warrie-jannie-01

Orators

28 Mei 2017

Baie sterkte aan al die leerders wat deelneem aan more (29 Mei) se Orators. Ons glo dit sal sommer baie goed gaan!

seperator1
jannie-kultuur

Senior Revue

28 Mei 2017

As gevolg van die Orators wat op Maandag 29 Mei plaasvind, sal daar geen Senior Revue oefening wees nie. Oefening gaan weer normaal aan op Woensdag 31 Mei.

seperator1
warrie-jannie-01

RMS Redenaars

8 Mei 2017

Die Warries het hulle Vrydag goed van hul taak gekwyt tydens die ATKV streeksuitsdunne te Hoërskool Hans Strijdom. Die ATKV sal die uitslae binne sewe dae op hulle webtuiste bekend maak.

Baie sterkte aan die Warries wat vandag (8 Mei) om 14:00 aan die RMS te Laerskool Edleen deelneem, ons glo dit sal baie goed gaan!

seperator1
warrie-jannie-01

ATKV Redenaars

4 Mei 2017

Baie sterkte aan al die Warries wat die skool môre tydens die ATKV redenaars gaan verteenwoordig. KLIEK HIER die registrasietye en lokale vir elke groep. Leerders moet netjiese skooldrag dra.

Graad 6 en 7 leerlinge mag woordeboeke saam neem vir die onvoorbereide toesprake. Selfone is ontoelaatbaar.  Die ATKV behou die reg voor om boeke deur te blaai. Eie kaartjies is welkom, maar die AKTV verskaf A5 papier. Eie skryfbehoeftes is welkom.

seperator1
jannie-kultuur

Klankopnames

3 Mei 2017

Baie sterkte aan ons revue leerders wat vandag klankopnames by ProTrax in Pretoria gaan laat doen, ons kan nie wag om te hoor hoe julle klink nie! Dankie aan juffrou Marga Roos vir die moeite wat u altyd met ons kinders doen!

seperator1
jannie-kultuur

SACOPA 2017

31 Maart 2017

Baie sterkte aan al die Warries wat aan die South African Championships of Performing Arts in Johannesburg gaan deelneem, ons glo dit sal baie goed gaan en dat julle dit baie sal geniet!

seperator1
jannie-atletiek

Rugbytoer

29 Maart 2017

Baie sterkte aan al die rugby-seuns wat more oggend om 08:00 na hul rugbytoer vertrek, ons glo julle gaan baie leer en dit baie geniet! Hierdie seuns se rapporte kan more by die kantoor afgehaal word.

seperator1
jannie-atletiek

RMS Rugby

14 Maart 2017

Daar is vandag (14 Maart) RMS Rugby teen LS Northmead. Al die seuns moet asb. 13:30 by die sportvelde wees.

seperator1
warrie-jannie-01

ATKV Redenaars

9 Maart 2017

Baie geluk aan die volgende redenaars wat Laerskool Warmbad tydens die ATKV op 5 Mei 2017 te Hoërskool Hans Strijdom gaan verteenwoordig: KLIEK HIER vir 'n lys.

seperator1
warrie-jannie-01

RMS Redenaars

9 Maart 2017

Baie geluk aan die volgende redenaars wat Laerskool Warmbad tydens die RMS op 8 Mei 2017 te Laerskool Edleen gaan verteenwoordig: KLIEK HIER vir 'n lys.

seperator1
jannie-atletiek

Rugby teen Delmas (Tuis)

9 Maart 2017

Daar is vandag (9 Maart) Rugby teen LS Delmas op ons velde. Wees asb. van 13:30 af daar om ons seuns te ondersteun.

seperator1
jannie-kultuur

Baie geluk

25 Februarie 2017

Baie geluk aan al die leerders wat die Limpopo uitdunne vir die "South African Championships of the Performing Arts" geslaag het. Julle maak ons baie trots!

seperator1
warrie-jannie-01

Interne redenaars

24 Februarie 2017

Junior Interne redenaars vind op 1 Maart 2017 om 14:00 in die personeelkamer plaas. Senior interne redenaars vind op 6 Maart 2017  0m 14:00 in die personeelkamer plaaas.

seperator1
warrie-jannie-01

Geagte graad 5 Ouers

16 Februarie 2017

Ons nooi u hartlik uit na 'n heerlike ken-mekaar aand vanaand vanaf 17:30 by die grondslagfase aantreeblok waartydens ons ook ons fondsinsamelingsprojek vir 2017 gaan bespreek. Bring asb. jou eie piekniek mandjie, ons voorsien die vure.

seperator1
warrie-jannie-01

Baie geluk Juffrou Marga

11 Februarie 2017

Baie geluk aan Juffrou Marga Roos wat vandag haar verjaarsdag vier! Die Warries is baie lief vir juffrou en hoop dat dit 'n baie lekker dag en 'n baie geseënde nuwe lewensjaar is!

seperator1
warrie-jannie-01

Baie geluk Juffrou Kedibone

30 Januarie 2017

Mag Liewe Jesus juffrou seën en nog baie jare spaar. Die Warries is baie lief vir juffrou..

seperator1
warrie-jannie-01

Baie geluk Juffrou Cornelia

27 Januarie 2017

Baie geluk juffrou Cornelia De Lange met jou verjaarsdag. Die Warries is baie lief vir jou!

seperator1
jannie-atletiek

Kring Atletiek

26 Januarie 2017

Die skool sal op Vrydag, 27 Januarie gesluit wees a.g.v. die Kring Atletiek Byeenkoms.

seperator1
jannie-kultuur

Seniorkoor oefening

23 Januarie 2017

Daar sal more geen seniorkoor oefening wees nie as gevolg van 'n werkswinkel wat Juf Marga in Pretoria bywoon. Sien julle weer volgende week vir oefening!

seperator1
warrie-jannie-01

Geluk Juffrou Liezel

20 Januarie 2017

Die Warries sê baie geluk aan Juffrou Liezel Grobler wat vandag verjaar. Mag juffrou se beker oorloop van geluk, liefde, vrede en vreugde. Dankie dat juffrou so groot rol in die Warries se lewens speel.

seperator1
jannie-atletiek

Interhuis atletiek 2017

18 Januarie 2017

Interhuis Atletiek vind more (19 Januarie) om 14:00 by Laerskool Warmbad se Sportgronde plaas.

seperator1
warrie-jannie-01

Welkom aan ons nuwe onnies

13 Januarie 2017

Die Warries sê baie welkom aan Juf. Tessa Roux, Mnr. Juan Roos, Juf. Nicolette Hinrichsen, Mnr. Jan-Dawid Du Preez, Mnr. Dewald De Kock, en Juf. Nadia Kruger wat by ons aangesluit het. Ons glo dat julle jul tyd by die Warries baie sal geniet!