Grondslagfase

In die grondslagfase het die leerders met Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer die volgende vakke:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Sepedi Tweede Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede.

In die grondslagfase het die leerders met Engels as Taal van Onderrig en Leer die volgende vakke:

  • Engels Huistaal
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede.

Ons glo daarin om ons leerders op te voed om bydraende lede van die gemeenskap te word.

Intermediêre- en Seniorfase

Warries in die Intermediêre- en Seniorfase met Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer neem die volgende vakke:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe

Warries in die Intermediêre- en Seniorfase met Engels as Taal van Onderrig en Leer neem die volgende vakke:

  • Engels Huistaal
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe

Verder neem die graad 7 leerders ook:

  • Tegnologie
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Skeppende Kuns

Akademiese presteerders ontvang kwartaalliks erkenning om hulle sodoende aan te moedig om te volhard.

Ons Warrie Wêreld spog met ‘n volledige mediasentrum. Die leerders maak daagliks van die leesstof gebruik om hulle akademie, sowel as hulle woordeskat aan te vul. Dan praat ons nie eers van die ure pret en leesgenot wat dit bied nie.