Laerskool Warmbad is ‘n waardegedrewe skool. Ons dissiplinêre stelsel word aan ons waardes gekoppel. Indien ‘n leerder een van hierdie waardes uitleef word hulle met aanprysings beloon, maar wanneer hulle een van hierdie waardes oortree ontvang hulle de-meriete punte en word ‘n detensieklas gebruik om te sulke gedrag in die toekoms te vermy.
Eerlikheid
Ons is eerlik – ons vermy leuens en diefstal deur opregtheid en betroubaarheid na te streef. Ons ag eerlikheid belangriker as indrukwekkendheid.
Lojaliteit
Ons is lojaal – ons bly getrou aan ons skool, ons gemeenskap en alle belanghebbendes van ons onderrig.
Verantwoordelikheid
Ons is verantwoordelik – deur betroubaar en aanspreeklik op te tree, kan ons ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap lewer. Ons kan nie môre se verantwoordelikheid ontwyk deur dit vandag te vermy nie.
Selfdissipline
Ons het selfdissipline – ons pas selfbeheersing toe en ondersteun ordelike gedrag. Ons gehoorsaam die skool se reёls. Die grootste uitdaging is om gefokus te bly ten spyte van al die uitdagende omstandighede.
Toewyding
Ons is toegewyd – ons offer ons tyd, moeite en energie op vir ons skool, ons skool se aktiwiteite en ‘n gesonde leeromgewing.
Respek
Ons toon respek – ons hanteer ander mense met waardigheid.