Somersdrag
🗓 1 Januarie – 30 April, 1 September – 31 Desember
Dogters
- Geruite, wit en maroen skoolrok, met belt om middellyf (nie op heupe)
- Verpligte maroen ski pants onder skoolrok.
- Kort wit skoolkouse, wat eenmaal omgevou word. Geen “secret socks”
- Plat swart toeryg of bandjie skoolskoene
- Skoolrok se lengte word bepaal, wanneer dogter op haar knieë staan:
- Gr 1-3: Nie korter as 5 cm vanaf grond
- Gr 4–7: Nie korter as 7 cm vanaf grond
- Nuwe sweetpaktop/Erekleure baadjie/skool- of oortrektrui
- Leerlinge mag in die somer kaalvoet skool toe gaan
Sportdae
- Maroen skool sporthempie: dogters
- Maroen-en-geel sportbroekie
- Maroen ski pants onder sportbroekie (opsioneel)
- Wit skoolkouse soos by formele drag of Warrie sportkouse. Geen “secret socks”
- Toeryg sporttekkies
Seuns
- Kortmou kakie hemp
- Kakie kortbroek
- Lang grys skoolkouse (geen strepe)
- Swart toeryg skoolskoene
- Nuwe sweetpaktop/Erekleure baadjie/skool- of oortrektrui
- Leerlinge mag in die somer kaalvoet skool toe gaan
Sportdae
- Maroen skool sporthempie: seuns
- Maroen-en-geel sportbroekie
- Wit sportkouse of Warrie sportkouse. Geen “secret socks”
- Toeryg sporttekkies
Winter Uniform
🗓 1 May – 31 August
Girls
- Geruite skoolrok, ski pants soos in die somer of
- Grys langbroek en wit kraaghemp
- Lang grys skoolkouse (seunskouse), geen swart lang kouse of sykouse nie.
- Swart toeryg of bandjie skoolskoene
- Nuwe sweetpaktop/Erekleure baadjie/skool- of oortrektrui
- Geen Sneakers, sokkerstewels of enkeltekkies mag gedra word nie.
- Leerders met Sweetpakbroeke aan, mag nie kaalvoet skool toe kom nie
Sport Days
- Volledige skoolsweetpak
- Maroen skool sporthempie
- Maroen-en-geel sportbroekie
- Wit skoolkouse soos by formele drag of Warrie sportkouse. Geen “secret socks”
- Toeryg sporttekkies
- Warries-buff opsioneel
Seuns
- Grys langbroek met wit hemp of
- Kortmou kakiehemp met kakie kortbroek
- Skooltrui, nuwe sweetpaktop, oortrektrui of erekleure baadjie
- Swart skoolskoene en lang grys skoolkouse
- Geen Sneakers, sokkerstewels of enkeltekkies mag gedra word nie.
- Leerders met Sweetpakbroeke aan, mag nie kaalvoet skool toe kom nie
Sportdae
- Volledige skoolsweetpak
- Maroen skool sporthempie
- Maroen-en-geel sportbroekie
- Wit sportkouse of Warrie sportkouse.
- Geen “secret socks”
- Toeryg sporttekkies
- Warries-buff opsioneel
Provinsiale klere
Provinsiale klere wat self verwerf is, mag net die betrokke jaar waarin dit toegeken is, slegs op ‘n Vrydag gedra word. Dit is belangrik dat die leerder te alle tye ‘n professionele beeld uitdra.
Die regte voorgeskrewe klere van betrokke aktiwiteit moet gedra word met die volgende voorskrifte:
- Geen kort rompies/rokkies of styfpassende broeke mag gedra word nie