Junior Kultuur

Laerskool Warmbad se kultuurdiere staan vir niemand terug nie. Die Grondslagfase leerders het die geleentheid om van jongs af hulle verskyning op die planke te maak. Hulle kan aan die volgende kultuuraktiwiteite deelneem:

  • Kuns
  • Orators
  • Redenaars
  • Voordrag
  • Junior Revue. Die revue leerders kry blootstelling om klankopnames in ‘n professionele studio te doen, en voor groot gehore op te tree.

Senior Kultuur

Die Senior Warries het die geleentheid om aan die volgende kultuuraktiwiteite deel te neem:

  • Senior revue
    Die revue leerders kry blootstelling om klankopnames in ‘n professionele studio te doen, en voor groot gehore op te tree.
  • Spreekkoor
    Die spreekkoor leerders neem deel aan die WAK (Waterberg Afrikaanse Kunstefees) en NEA (National Eisteddfod Academy).
  • Redenaars
    Die leerders kry die geleentheid om aan ATKV Redenaars, Bosveld Interlaer, Warries Got Talent en ‘n Buitelugkonsert deel te neem.
  • Orators
    Die leerders kry die geleentheid om aan die Bosveld Interlaer, Warries Got Talent en ‘n Buitelugkonsert deel te neem.
  • Kuns
    Ons kunstenaars stel hulle talente ten toon met kreatiewe kunswerke.
  • Ekspo
    By ons Graad 7 Ekspo gebruik jong wetenskaplikes kreatiewe probleemoplossing om alledaagse probleme aan te spreek.