3 Feb, 2026

Die Warries het ons interhuis-atletiekbyeenkoms op 23 Januarie aangebied en dit terdeë geniet. Altesaam ses rekords is verbeter; baie geluk aan Mia Barnard, Marline Lee, Divan Nel, Ian Olivier, Rohail Waheb en Amelie Olivier met hul uitstekende prestasies. Ons is ongelooflik trots op julle! 🏅

Die Victor- en Victrix Lodorum-wenners was soos volg: Junior Dogters (Baan)Princess Tjingangu, Senior Dogters (Veld)Kayla Pieterse, Senior Dogters (Baan)Mioné Smith, Junior Seuns (Baan)Lebone Rakgalakane, Senior Seuns (Veld)George Maartens, en Senior Seuns (Baan)Bokang Maponya.

Ons algehele Victor- en Victrix Lodorum vir die dag was Mioné Smith en Divan Nel. Die Elande het die dag ook met slegs vier punte gewen en is boonop as wenners van die sangtrofee aangewys; baie geluk aan die Elande! 🦌🎉

’n Spesiale woord van dank aan Hoërskool Warmbad dat ons van julle velde gebruik kon maak vir ons byeenkoms.

[/db_pb_gallery]

👈 Terug na Nuus